Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Kuier

Apr 24 2025
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Kuier

HALLO, KUIER-LESERS!

DUBBELE GELUK VIR ZOË-HULLE • Daar was die groot trek na ’n ander land, en toe die aangename skok dat hulle twee babas ryker gaan word. Zoë Brown Anderson maak oop oor haar swangerskapreis, die seer van die baba wat hulle verloor het, en die lekkerte van mamma-wees vir haar “twee burritos”

WAAR IS MY MA SE AS? • Ontstelde families wonder wat van hul geliefdes se oorskot geword het en met wie se as hulle nou éíntlik sit

HOU DÍT IN GEDAGTE WANNEER JY 'N BEGRAFNISONDERNEMER KIES

ÁL MEER VROUE SKEI • Die jongste statistiek wys skeigetalle is met meer as 10% op, en dis veral vroue in hul 30’s en 40’s wat hul huwelik koebaai roep

NOG OOR DIE VERSLAG:

'N HERSTEL VAN WAARDIGHEID • Amper 60 jaar terug is families uit hul geliefde hartsplek geforseer, nou vertel die oorlewendes en nageslagte oor hul reis om die grond terug te kry

BEVRY UIT ANGS SE KLOUE • Die dag toe sy in die winkel inmekaargesak het weens angs, het uiteindelik ’n geskenk geword wat haar na haar ware self gelei het

MANENBERG SE VEILIGE HAWE • By The Greens in die hartjie van Manenberg bou jong lote en ou hout sáám aan sportdrome

STAAN OP VIR ALFRED! • Dié komediant laat uitverkoopte gehore skater met sy sêgoed en is lewende bewyse dat jou drome nie ’n vervaldatum het nie

DIÉ AKTRISE LAAT DINGE GEBEUR • Vir Zenobia was haar rol in die epiese fantasiereeks The Wheel of Time wat nou op Prime Video te sien is, veel meer as net nog ’n rol – dit was ’n gebed wat verhoor is

LOCAL POEDINGS MET 'N LEKKE' KINKEL • Ons gee dié week woema aan tradisionele Suid-Afrikaanse staatmaker-nageregte

CHECK DIT UIT! • Blokkiesklere is dié seisoen in en weer terug met mening! Gaan grunge en dra jou check-patrone van kop tot tone. Ons wys hoe

MAAK MOOI MET BOEKE • Het jy ’n spul boeke wat net rondlê of ’n boekrak wat oorloop? Ons wys hoe jy boeke saam met ander dekor-items kan gebruik om prentjiemooi hoekies in jou huis te skep

VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?

'N GEWIGTIGE PROBLEEM • Vetsug raak by die dag ’n groter probleem – lees hier hoe jy kan keer dat jy deel van die statistiek word

PLAN OM JOU LEEFSTYL TE VERANDER

DIE VOOR- EN NADELE VAN 'N WERKGADE • Jy’t ’n hegte band met iemand by die werk – julle deel alles van toebroodjies tot vrese en drome. Dit het sy voordele, maar moet mooi bestuur word om probleme by die huis te voorkom

NAVIGEER SÓ JOU BAND MET 'N WERKGADE

PLANNE TEEN PETROLPYNE • Die gat wat petrol in jou begroting brand, is vir baie mense ’n doring in die vlees. Hier is topwenke om die meeste uit elke druppel te haal

‘OPVOEDING MAAK DEURE OOP' • Daar heers kommer dat Suid-Afrika nie genoeg doktorsgrade oplewer nie, maar dié uitblinker kan daai boksie afmerk voor 30, danksy daai dodelike kombinasie van droom en deurdruk

DRING DEUR TOT JOU TIENERSEUN • Die Netflix-reeks Adolescence het ouers laat regop sit oor die geheime wêreld van tienerseuns. Hoe hanteer jy met deernis die ingewikkelde vrese, skerp woede en rou emosie waarmee ons kinders worstel?

VOEDSELGROEPE • Gesonde eetgewoontes vereis dat ons kos uit al vyf die vernaamste voedselgroepe eet

SOEK-SOEK • DAAR...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans